
Koronavirus of nie, NASA is vas van plan om in Julie sy Marskarretjie Perserverance Mars toe te stuur.
Perserverance gaan in Mars se Jezero-krater land waar daar miljarde jare gelede ‘n meer en ‘n rivierdelta was. Die karretjie gaan die krater fynkam op soek na tekens van uitgestorwe lewe wat dalk destyds op die rooi planeet voorgekom het.
As Perserverance op sy beplande datum van 17 Julie opstyg, sal hy in Februarie 2021 op Mars aankom. En as die virus wetenskaplikes keer om hom nou te lanseer, sal dit eers 26 maande later kan gebeur . Dit beteken dat die Marskarretjie eers in September 2022 kan vertrek en eers in April 2023 op Mars sal kan land.
G’n wonder NASA se “Marsmanne” is vasbeslote om die lansering nie uit te stel nie!