Die planete

MERCURIUS

Op die foto (in 2016 geneem) beweeg die planeet Mercurius tussen die Aarde en die son deur – iets wat net 13 keer in ‘n eeu gebeur! Klik op die foto om meer oor Mercurius – die planeet naaste aan die son – te wete te kom. Foto: NASA/Bill Ingalls

VENUS

Die Magellan-ruimtetuig het tussen 1990 en 1994 om Venus gewentel en daarin geslaag om deur die dik Venuswolke te loer en hierdie foto van die planeet se noordpool saam te stel. Die helder vlek is Venus se hoogste berg, Maxwell Montes. Klik op die foto om meer oor Venus te lees. Foto: SSV, MIPL, Magellan-span, NASA

AARDE

Hierdie pragtige foto van Afrika op die aardbol is in 2015 van ‘n satelliet baie diep in die ruimte (1,6 miljoen km ver!) geneem. ‘n Mens kan mooi sien hoe die Nylrivier by die Middellandse See invloei. Klik op die foto om inligting oor die Aarde te kry. Foto: NASA

MARS

Hierdie foto van die Rooi Planeet is geneem deur seker die hardwerkendste tuig in die ruimte, die Hubble-teleskoop. Die wit kol links bo is yswolke wat wys ‘n storm is op pad. Aan die regterkant dui die wit streep op ‘n groot versameling wolke. Klik op die foto om Mars op ons webtuiste te besoek. Foto: NASA

JUPITER

Hierdie pragtige aansig van Jupiter se Groot Rooi Vlek en onstuimige suidelike halfrond is vasgevang deur NASA se Juno-ruimtetuig wat naby die reusagtige gasplaneet verbygevlieg het. Klik op die foto om meer oor Jupiter te wete te kom. Foto:  NASA/JPL-Caltech/SwRI/MSSS/
Kevin M. Gill


SATURNUS

Die foto is in 2013 bo Saturnus geneem deur die Cassini-ruimtetuig. Dit wys die goudkleurige planeet en sy belangrikste ringe baie mooi. Die verskillende kleure op die planeet dui op verskillende weerstoestande op die planeet.
Klik op die foto om ons artikel oor Saturnus te lees. Foto:  NASA/JPL-Caltech/SSI/Cornelle

URANUS

Hierdie foto is ook deur die Hubble-teleskoop geneem toe hy vroeër die eeu verby Uranus gevlieg het. Dit wys Uranus se vier grootste ringe asook ‘n paar van die 17 bekende satelliete wat om die planeet wentel. Hoeveel satelliete kan jy tel? Klik op die foto om meer oor Uranus te lees. Foto: NASA/JPL/STScI

NEPTUNUS

Die ruimteverkenner Voyager 2 het einde 1989 verby Neptunus, die buitenste planeet in ons sonnestelsel, getrek en hierdie foto geneem. Klik op die foto vir nog inligting oor Neptunus. Foto: NASA/JPL

PLUTO
(die dwergplaneet)

NASA se New Horizons-ruimtetuig het hierdie foto van Pluto in 2015 geneem. Kyk hoeveel verskillende kleure jy alles op Pluto se oppervlak kan raaksien! Klik op die foto om uit te vind hoekom Pluto sedert 2006 nie meer as ‘n planeet beskou word nie. Foto: NASA/JHUAPL/SwRI

Die planeetliedjie

Luister na hierdie oulike liedjie wat jou help om die planeetname en die belangrikste eienskappe van elke planeet te onthou.