Pluto, die dwergplaneet

https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/Skooltake/skooltake-hoekom-kwalifiseer-pluto-nie-as-n-planeet-nie-20191101

Please use box 1 and 2 first. Please us box 7  right at the end with a thick border to show it is different from the Pluto article

FLAG

Sonnestelsel

HEADLINE

Pluto

BLURB

Wag ’n oomblik, hoekom hou die sonnestelsel by Neptunus op? Wat dan van Pluto?

BOX 1

Arme Pluto word afgeskaal

In 1930 is ’n groot bol klip en ys ontdek wat ook om die son wentel, en gou het Pluto ons sonnestelsel se negende planeet geword.

Maar in 2006 moes die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) ’n baie moeilike besluit neem. Omdat daar baie voorwerpe in ons sonnestelsel rondwentel wat amper so groot soos planete is, het die IAU besluit om hul definisie van ’n planeet te herbedink.

’n Planeet, het hulle toe besluit, is ’n hemelliggaam wat . . .

  • In ’n baan om ’n ster wentel,
  • Groot genoeg is dat sy eie swaartekrag hom rond maak, en
  • Genoeg swaartekrag het dat hy sy baan van ander voorwerpe kan skoonvee.

Laasgenoemde is die toets wat Pluto ongelukkig gedruip het. Pluto is wel rond en wentel om ’n ster (die son), maar hy is te klein om die voorwerpe in sy omgewing sover te kry om om hom te wentel.

Daarom word Pluto sedert 2006 ’n dwergplaneet genoem en het ons sonnestelsel nou weer agt pleks van nege planete.

End Box 1

Box 2

Hoe lyk en voel dit op Pluto?

Kom ons verbeel ons ons ruimtetuig kry die kans om ná ’n reis van nege en ’n half jaar op Pluto te land . . .

Anders as op die gas- en ysreuse kan jy inderdaad op Pluto land, want die oppervlak is van klip en ys gemaak. Maar as jou voet by die ruimteskip se deur uitsit, sal jou tone dadelik afvries want die temperatuur buite is -230 grade C! Brr, dis selfs kouer as Uranus!

Gaan trek dus gou eers jou spesiale ruimtepak aan wat jou teen die koue kan beskerm voor jy jou eerste treë op die planeet gee.

O gaats! Jy kom gou agter jy kan nie normaalweg rondstap nie, want ná elke tree sweef jy eers ’n entjie deur die lug. Dis omdat die swaartekrag hier omtrent 16 keer laer as op die Aarde is.  

Pas ook op vir gly wanneer jy loop, want die oppervlak van Pluto is omtrent 90 persent stikstofys.

Voor jy heeltemal in die ruimte wegdryf, moet jy dus gou eers swaar stewels in jou ruimteskip gaan haal.

Noudat jy reg aangetrek is en stewig staan, kan jy om jou begin kyk. Anders as die ysreuse het Pluto ’n landskap met bergreekse, valleie, kraters en miskien selfs gletsers. Natuurlik is alles stokstyf gevries. Afhangende van jou landingsplek kan die omgewing ook rooierig lyk.

Jou ruimtehelm beskerm jou gelukkig teen die nare gasse in die atmosfeer: geen suurstof nie, net koolstofdioksied, metaan en stikstof.

As jy opkyk, lyk die lug blouerig en wasig en bo jou hang ’n enorme maan. Dis Charon, wat eintlik ’n baie klein maan is, maar hy lyk so groot omdat hy net 19 000 km ver is. Dis omtrent so ver soos van die suidpunt van Suid-Amerika tot by die noordpunt van Noord-Amerika!

Daar is nog ’n paar mane in die lug, en doer aan die ander kant van die sonnestelsel kan jy die son sien. Dit lyk omtrent so groot soos Jupiter van die Aarde af, maar dis baie helderder, omtrent so helder soos dit op ’n baie bewolkte dag op Aarde is.

Nou vir die tergende vrae wat die wetenskaplikes op Aarde nog nie kon beantwoord nie: Is daar ysvulkaanuitbarstings op Pluto? Waai die wind? Hoe lyk die weer?

Eintlik weet ons baie min van die Pluto-omgewing, behalwe dat dit ysig koud en vol gevaarlike kosmiese strale is. Jy het daarom baie nuus om aan Aardlinge te kom meedeel – klim dus gou terug op jou ruimteskip!

End box 2

Box 3

Pluto in syfers

Gemiddelde afstand van die son: 5,9 miljard km

Naaste afstand van die Aarde: 4,28  miljard km

’n Pluto-jaar: 248 Aardjare

’n Pluto-dag: 153 uur (6,4 dae)

Temperatuur: -230 ⁰C

Mane: Minstens 5

End box 3

Box 4

Waar kry Pluto sy naam?

In 1930 het Falconer Madan, ’n bibliotekaris van Oxford in Engeland, in die koerant van die ontdekking van ’n nuwe planeet gelees. Hy het sy 11-jarige kleindogter Venetia Burney daarvan vertel en sy het voorgestel die nuwe ontdekking moet Pluto genoem word,  na die Romeinse god van die onderwêreld wat homself onsigbaar kan maak. Madan het die naam aan die Lowell-sterrewag in Arizona, Amerika, gestuur, die sterrekundiges het daarvan gehou en die res is geskiedenis.

End box 4

Box 5

Vreemde, vreemder, vreemste

Pluto het ’n vreemde, ovaalvormige wentelbaan. Soms beweeg dit in Neptunus se wentelbaan in en dan is Neptunus verder van die son as Pluto! Dit gebeur elke 248 Aardjare en duur 20 jaar lank. Dit het laas van 1979 tot 1999 gebeur. Gelukkig kom die twee nooit naby genoeg aan mekaar om te bots nie.

End box 5

Box 6

Op pad Pluto toe

Die ruimtetuig New Horizons was in 2015 die eerste ruimtetuig wat verby Pluto gevlieg het. Dis in 2006 gelanseer. Daar is nie tans planne vir ’n opvolgsending nie.

End box 6

450 000 km. Pluto

 grootste maan, Charon, is op die agtergrond (nie volgens skaal nie).

DYK box

Het jy geweet?

Sowel Pluto as sy maan Charon lê op hul sy!

Fact box

Pluto se oppervlak is so groot soos Rusland s’n.

Box 7 – please use at end of article like a separate article as it is not about Pluto

Wat is daar nog alles in die hemelruim?

Talle kleiner liggame in die sonnestelsel draai ook om die son. Hulle kom meestal in groepe voor wat gordels of wolke genoem word.

Asteroïedgordel: Dis ’n gebied tussen die wentelbane van Mars en Jupiter waar ’n groot konsentrasie asteroïede voorkom. Asteroïede is klein rotsmassas van verskillende vorms en groottes. Die dwergplaneet Ceres kom hier voor, en daar is ook ’n asteroïed met die naam Johannesburg!

Kuipergordel: Dit lê anderkant Neptunus en bestaan nes die Asteroïedgordel uit ontelbare klein voorwerpe. Anders as die voorwerpe in die asteroïedgordel wat van rots gemaak is, bestaan die voorwerpe in die Kuipergordel uit ys en grond. Die dwergplanete Pluto, Makemake en Haumea kom hier voor. Pluto is die grootste ding in die Kuipergordel.

Verstrooide skyf: scattered disk Dis ’n deel van die sonnestelsel anderkant die Kuipergordel en die tuiste van Eris, wat omtrent so groot soos Pluto is.

Die Oortwolk: Niemand het al die Oortwolk of enigiets daarbinne gesien nie, maar dis die plek waar komete vandaan kom. Die Oortwolk word as die grens van ons sonnestelsel beskou. Die voorwerpe daar is te dof vir eens die kragtige nuwe James Webb-teleskoop om te sien (lees meer op bladsy XX).

End box 7