Die son



Die son is ‘n ster, ‘n vuurbal vol gloeiende gasse in die hart van ons sonnestelsel. Sonder die son se intense energie en hitte was daar geen lewe op Aarde nie. En al is die son vir ons baie spesiaal, is daar biljoene sterre nes ons son wat oor die Melkweg gestrooi lê . . .

Verstommende sonfeite:

Temperatuur by sy kern: 15 miljoen grade C

Deursnee: 1,4 miljoen km. Een miljoen Aardes kan binne-in die son pas!

Oppervlaktemperatuur: 5 500 grade C

Die son bestaan uit: waterstof en helium

Het jy geweet die son kan ons kan ons weer op Aarde deurmekaarkrap, en dat die son nie geel of oranje is nie, maar wit? Klik hieronder om meer oor hierdie fassinerende lewensbron te wete te kom.

Bou van die son
Sonvlamme
Energie van die son
Die son en die Aarde