Bou jou eie sonnestelsel

Jy het nodig:

Maak so:

1.Verf die binne- en buitekant van die boks swart. Verf klein, wit spatsels binne-in om sterre voor te stel. Sit die boks in die lengte neer.

2. Druk ’n sosatiestokkie halfpad deur elke bal. Dit sal jou help om dit te verf. Verf die balle in die volgende volgorde en kleure en laat dit in die plastiekbekertjies droog word.
Son: geel
Mercurius: grys
Venus: liggeel
Aarde: blou, groen en wit
Mars: rooibruin
Jupiter: rooi, bruin, oranje en wit
Saturnus: geelbruin
Uranus: blougroen
Neptunus: blou

3. Maak Saturnus se ring: Trek op die karton ’n sirkel om die Saturnus-bal en ’n tweede sirkel ’n paar sentimeter buiteom. Sny die binnesirkel met ’n kunsmessie. uit. Sny dan om die buiterand van die buitesirkel.

4. Verf die ring donkergoud en laat droog word. Pas die Saturnus-bal in die sirkel en plak met gom vas.

5. Haal die stokkies uit die balle. Sny nege stukke vislyn af. Knoop die een punt van elke stuk lyn, verf ’n blerts gom daarop en druk dit in die stokkie se gaatjie. Laat droog word. Sit gom op druk dit in die gaatjie in.

6. Druk nege gate deur die “plafon” van die boks. Hang die son en die planete in die volgorde van stap 2: van die naaste tot verste aan die son. Druk die oop kante van die vislyne deur die gate en heg met sterk kleefband.

7. Plak swart karton oor die boks om die kleefband weg te steek.