Neptunus

PLEASE USE BOX 1 FIRST, OTHERS IN ANY ORDER

FLAG

Sonnestelsel

HEADLIN

NEPTUNUS

Blurb

Hoe verder van die son af, hoe meer onherbergsaam word die planete – en hoe minder weet ons van hulle af. Ontmoet die heel verste planeet in ons sonnestelsel

BOX 1

Hoe lyk en voel dit op Neptunus?

Lus om Neptunus te gaan verken? Maak jou gereed vir ’n baie lang reis – Neptunus is die enigste planeet wat so ver is dat ons dit nie met die blote oog van die Aarde af kan sien nie.

As jy eers daar opdaag, moet jy maar liewer in jou ruimteskip ’n veilige afstand van Neptunus se oppervlak hou. Soos met die ander gasplanete kan jy nie op die oppervlak land nie, want jy sal sink. Neptunus bestaan uit ’n dik sop gemaak van water, ammoniak en metaan bo-oor ’n moontlik soliede kern wat so groot soos die Aarde is.  

Van hier bo af kan jy wel duidelik sien dat Neptunus, nes Uranus, potblou is. Dis omdat die atmosfeer ook meestal uit waterstof, ammoniak en metaan bestaan. Dis die metaan wat Neptunus sy blou kleur gee (nes op Uranus – lees die artikel op bladsy XX).

Ook maar goed jy kan nie op die planeet parkeer nie, want die wildste winde in die sonnestelsel waai daar. Ook hier bo in die dik atmosfeer moet jy jou sitplekgordel styf vasmaak, want daar buite jaag wolke bevrore metaan vinniger as die spoed van klank deur storms wat so groot soos die Aarde is.

Dit maak dit natuurlik gans te gevaarlik om jou neus by die ruimteskip uit te steek, wat ’n goeie ding is want so ’n storm ruik aaklig, nes vrot eiers!

As jy na die naghemel opkyk, sal jy dalk donker, windverwaaide strepe sien. Dis ysvulkane (geisers genoem) wat van die maan Triton af strome verysde materiaal tot 8 km hoog die ysige lug in spuit. Triton is Neptunus se grootste maan.

Wil jy graag jou verjaardag vier? Dan moet jy jou ruimteskip se neus maar liewer dadelik terug in die rigting van die Aarde draai. ’n Jaar op Neptunus duur amper 165 Aardjare. Dis darem gans te lank om vir presente en ’n koek te wag!

END BOX 1

BOX2

Neptunus in syfers

Gemiddelde afstand van die son: 4,5 miljard km

Naaste afstand van die Aarde: 4,3 miljard km

’n Neptunus-jaar: 165 Aardjare (60 190 Aarddae)

’n Neptunus-dag: 16 uur en 6 minute

Temperatuur: -200 ⁰C

Mane: Minstens 14

END BOX 2

BOX 3  

Dís anders as op die Aarde

Neptunus kan 57 Aardes insluk en nog plek oorhê! As die Aarde ’n 10c-stuk was, was Neptunus omtrent so groot soos ’n sokkerbal. Dis die vierde grootste planeet in die sonnestelsel.

’n Ontsettende lang jaar. ’n Dag op Neptunus is net meer as 16 uur, maar ’n jaar is amper 165 Aardjare!

Jy sal effens meer weeg. Ons swaartekrag en Neptunus s’n verskil eintlik nie so dramaties nie – Neptunus s’n is net 14 persent sterker as die Aarde s’n. As jy enigsins op die oppervlak van Neptunus kon staan sou dit nie so anders gevoel het as op Aarde nie. Lees op bladsy XX hoe die swaartekrag jou gewig op elke planeet beïnvloed.

Jy kan nie daar staan nie. Neptunus se oppervlak is soos ’n baie dik mis en ’n mens sal in die planeet wegsink as jy daarop probeer staan.

Brr! Die temperatuur op Neptunus is sowat 215 grade laer as op die Aarde! Neptunus is meer as 30 keer verder van die son as wat die Aarde is.

’n Mens wag baie lank vir die somervakansie. Nes die Aarde het Neptunus vier seisoene, maar ’n seisoen duur ’n volle 40 jaar.

Die wind waai jou weg. Neptunus het die sterkste en vinnigste winde in die sonnestelsel wat tot 2 000 km/h kan waai. Vergelyk dit met die sterkste winde op Aarde wat “maar” 400 km/h is.

END BOX 3

Box 4

Aardige boë

Neptunus se ringe is baie dunner as die ander planete s’n. Daar is minstens vyf hoofringe en vier opsigtelike boë. Die ringe bestaan uit stof en ander materiaal wat om die planeet wentel. Elke ring is na ’n bekende sterrekundige genoem: Galle, Le Verrier, Lassell, Arago en Adams.

Die boë bestaan weer uit stof wat saamklont eerder as om soos die ringe uit te sprei. Sterrekundiges meen dis omdat die swaartekrag van die maan Galatea hulle so stabiel hou.

En Box 4

Box 5

Die storm der storms

Toe Voyager 2 (lees meer op bladsy XX) in 1989 by Neptunus verbygevlieg het, het daar ’n enorme storm in die suidelike atmosfeer van die planeet gewoed wat omtrent so groot soos die hele Aarde was en waar die winde teen 1 500 km/h gewaai het. Dis die Groot Donker Kol Great Dark Spot genoem. Daardie storm het intussen verdwyn, maar nuwes is deur die Hubble-teleskoop op verskillende plekke raakgesien. Een staan as die Klein Donker Kol bekend, maar dis glad nie so klein nie – omtrent so groot soos die Aarde se maan.

End box 5

Box 6

Hoe is Neptunus ontdek?

Met wiskunde! Neptunus was nie met die blote oog sigbaar nie, maar sterrekundiges het agtergekom alles is nie pluis met Uranus se wentelbaan nie en gedink daar moet dus ’n agtste planeet wees waarvan die swaartekrag invloed op Uranus uitoefen.

Twee wiskundiges – Urbain le Verrier in Parys en John Adams in Cambridge, Engeland – het min of meer dieselfde tyd somme ingespan om die posisie van Neptunus te bepaal. Le Verrier het sy inligting aan Johann Galle in Berlyn, Duitsland, gestuur – en die nag van 23/24 September het Galle met die hulp van die berekeninge daarin geslaag om Neptunus deur ’n teleskoop te sien.

Die nuwe blou planeet is Neptunus gedoop – ’n baie gepaste naam, aangesien Neptunus in die Romeinse mitologie die god van die see was.

End box 7

Box 8

Op pad Neptunus toe

Net Voyager 2 het al verby Neptunus gevlieg, maar dit was al in 1989 (lees meer op bladsy XX). Dit het die tuig 12 jaar gekos om by Neptunus uit te kom.

Op die oomblik is die Chinese ruimteadministrasie die enigste wat moontlik ’n sending in 2024 soontoe sal stuur. Ander sendings deur ander ruimteagentskappe en akademiese groepe het nog nie juis verder as die voorstelfase gevorder nie.

End box 8

Did you know box

Het jy geweet?

Triton is die enigste groot maan in ons sonnestelsel wat in die teenoorgestelde rigting as sy planeet draai.