Uranus

Uranus is ’n reusagtige, giftige ysbal wat op sy kant lê en agteruit draai

Box 1

Hoe lyk en voel dit op Uranus?

Uranus se oppervlak bestaan uit verysde gasse en is nie naastenby stabiel genoeg dat jy daarop kan staan nie. Maar kom ons verbeel ons jy kan tog iewers ’n vastrapplekkie kry.

Tot jou verstomming sal sien jy die lug is blou, nes op Aarde! Maar ongelukkig kan jy dit glad nie inasem nie, want al die blou word deur die giftige gas metaan veroorsaak. Hoop jy het jou masker onthou!
Om jou lyk alles eensaam en verlate, met ’n leë, egalige en ysblou horison wat doer ver om jou strek.

Hopelik het jy onthou om warm aan te trek, want die temperatuur hier is ’n amper konstante -608 grade C! Jy sal ook ysterstewels moet dra om te keer dat ’n hewige windvlaag jou omdop.

In die lug sal jy Uranus se 13 pragtige ringe kan sien, wat uit saamgekoekte stof bestaan wat so groot soos rotse is. Anders as Saturnus se blink ysklippie-ringe is hierdie ringe diepblou en rooi.

Die dae is nie veel korter as op Aarde nie (17 uur)  en die nagte is skouspelagtig. Dan kan jy deur die waas van Uranus se atmosfeer kyk hoe 27  ysmane van verskillende vorms deur die lug dans.

As jy dié nagtelike vertoning geniet, sal jy bly wees om te hoor dat die winter op Uranus pikdonker is en jy jou dus heeltyd daarin kan verlustig. Ons hoop nie jy word gou moeg daarvan nie, want een winter duur 42 jaar!

As jy oefening wil doen, behoort dit moontlik te wees. Die swaartekrag is nie soveel anders as op Aarde nie; dit kan selfs effens makliker wees om te hardloop of te spring.

Nog ’n goeie ding is dat jy nooit hoef te wonder wat môre se weer gaan bring nie. Dis altyd sleg. Koud, donker en winderig. En ons bedoel WINDERIG – die windvlae woed teen 900 km/h.

Laat al dié verlatenheid jou huis toe verlang? As jy onthou het om ’n baie sterk teleskoop saam te bring, sal jy doer anderkant in die lug ’n blekerige stippeltjie sien. Dis die Aarde!

Mmm, miskien wil jy dit tog maar oorweeg om soontoe terug te keer . . .

End box 1

box 2

Uranus in syfers Uranus by numbers

Gemiddelde afstand van die son: 2,9 miljard km

Naaste afstand van die Aarde: 2,6 miljard km

’n Uranus-jaar: 84 Aardjare

’n Uranus-dag:  17 uur en 14 minute

Temperatuur: -608 ⁰C

Mane: Minstens 27

End box 2

Box 3

Dís anders as op Aarde

Uranus is enorm – vier keer breër en 14 keer groter as die Aarde.

Uranus het net twee seisoene – winter en somer – en elkeen is 47 jaar lank!

Uranus is so goed as van ys gemaak. Hy  lyk aan die binnekant nie net anders as die Aarde nie, maar ook as die ander gasreuse. Daar’s ’n klipkern, gevolg deur ’n mantel vol gasse wat weens die koue in vloeistof en ys verander het.

Uranus lê baie skeef en draai agteruit. Die Aarde is teen 23,5 grade gekantel, maar Uranus teen 98 grade. Dit beteken hy lê byna op sy sy! Wetenskaplikes meen dis omdat iets enorms teen Uranus gebots het terwyl die planeet nog besig was om te vorm.  Soos Venus tol Uranus ook in die teenoorgestelde rigting as al die ander planete.

End box 3

Box 4

Die Frankenstein-maan

Net vyf van Uranus se 27 mane is rond; die ander is almal skeef en krom.

Anders as ander mane is Uranus s’n nie na mitologiese wesens genoem nie, maar na karakters in die werk van die Britse skrywers Shakespeare en Alexander Pope. Niemand is heeltemal seker wie dié tradisie begin het nie, maar namate nuwe mane ontdek is, is dit voortgesit. Die vyf grootse mane is Miranda, Oberon, Titania, Umbriel en Ariel.

Miranda se bynaam is die Frankenstein-maan, want die oppervlak is vol groot, lelike ovaalvormige bobbels met diep groewe aan die kante.

End box 4

Box 5

Waar kry Uranus sy naam?

Dis ’n familie-affêre. Die ou sterrekundiges het eers vir Jupiter ontdek, toe vir Saturnus en toe vir Uranus. Omdat Jupiter in die Griekse mitologie Saturnus se pa was, het hulle besluit om die nuwe planeet na die pa van Saturnus te noem: Uranus. Uranus was die Griekse god van die lug.

End box 5

Box 6

Op reis na Uranus

Geen ruimtetuig is nog gestuur om spesifiek vir Uranus te gaan ondersoek nie. Die verkenningstuig  Voyager 2 het wel in 1984 verby Uranus gevlieg en foto’s terug Aarde toe gestuur.

’n Sending met die naam Muse sal dalk in 2026 of 2029 vertrek om Uranus se atmosfeer, mane, ringe en bou te gaan bestudeer. Muse behoort in 2044 by Uranus aan te kom en tot 2050 te werk.

End box 6

Box 7

Op pad die ewigheid in

Voyager 1 en Voyager 2 is verkenningstuie wat in 1977 gelanseer om die buiteplanete te gaan bekyk. Hulle het intussen verby die verste planete in ons sonnestelsel gevlieg en bevind hulle nou in wat die “tussenster-ruimte” interstellar space genoem word. Dis die dele van die ruimte waar ’n ster – soos die son – se invloed nie kan bykom nie.

Voyager 1 en 2 is dus die tuie wat die verste nog van die Aarde af gevlieg het – en albei laat steeds van hulle hoor! Hulle het genoeg brandstof en krag om tot 2025 en selfs daarna aan te hou vlieg. Tensy iets hulle stop, sal hulle aanhou en aanhou reis en oor baie duisende jare verby ander sterre vlieg.

Elke Voyager dra ’n goue plaat met tonele en klanke van die Aarde op. Dit bevat ook musiek en begroetings in verskillende tale. As intelligente ruimtewesens hulle eendag elders in die heelal ontdek, sal hulle iets oor die Aarde leer!

End box 8

DIY BOX

Het jy geweet?

Omdat Uranus en Neptunus uit bevrore gasse bestaan, word hulle ysreuse genoem.